Reglemente

FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie vir beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole

Reglemente vir E-pos Beleid

Alle e-pos kommunikasie, insluitend alle aanhangsels daartoe, word aan u versend deur FEDSAS op die volgende terme en voorwaardes:

1.  Hierdie e-pos, die aanhangsels en enige regte voortspruitend daaruit is, tensy die inhoud duidelik die teendeel aandui, die eiendom van FEDSAS.
2.  Die sienings vervat in hierdie e-pos is, tensy anders aangedui, die van die outeur en nie die van FEDSAS of sy bestuur nie. Die inligting in hierdie e-pos is vertroulik en slegs bedoel vir die geadresseerde. Toegang tot en/of publikasie of bekendmaking van die inhoud van hierdie e-pos aan enige persoon of instansie anders as die geaddresseerde is ongemagtig en mag nie sonder die uitdruklike skriftelike toestemming van die versender geskied nie.
3.  Indien u nie die bedoelde geadresseerde of die persoon verantwoordelik vir die aflewering van hierdie boodskap is nie, word u hiermee in kennis gestel dat u hierdie boodskap foutiewelik ontvang het en dat enige bekendmaking, kopieëring of verspreiding van die inhoud daarvan, sowel as enige handeling of versuim voorspruitend daaruit, streng verbode is en onregmatig kan wees. Indien u hierdie e-pos foutiewelik ontvang het, stel die versender asseblief dadelik in kennis by wyse ‘n beantwoordende e-pos, faks of telefoonoproep en verwyder daarna die boodskap van u sisteem. Nie-nakoming hiervan mag op onregmatige onderskepping van kommunikasie, inbreukmaking op kopiereg en/of inbreukmaking op die reg op privaatheid neerkom, wat kan aanleiding gee tot strafregtelike en/of sivielregtelike aanspreeklikheid.
4.  Nieteenstaande enige ander bepaling in hierdie vrywaring, sal nòg FEDSAS, nòg die versender van die e-pos, nòg enige ander verteenwoordiger van FEDSAS aanspreeklik wees vir enige skade, verlies of uitgawe van welke aard ookal (insluitend maar nie beperk nie tot dit wat veroorsaak is deur korrupsie of verlies van data, skade aan sagteware programme en onderbreking van besigheidsbedrywe) wat mag onstaan as ‘n direkte of indirekte gevolg van die oordrag van die e-pos boodskap.
5.  Behalwe indien FEDSAS uitdruklik skriftelik anders bepaal, sal geen ooreenkoms tussen FEDSAS en die ontvanger van die e-pos, sy agente, of prinsipale afdwingbaar en van enige krag of effek wees tensy op skrif gestel in harde kopie en onderteken by wyse van konvensionele handtekening (nie elektroniese handtekening of gevorderde handtekening nie) deur die partye daartoe.
6.  Terwyl alle redelike stappe geneem word om die akkuraatheid en integriteit van die inligting en data wat elektronies oorgedra word te verseker en om die vertroulikheid daarvan te behou, word geen aanspreeklikheid of verantwoordelikheid aanvaar indien inligting of data, vir welke rede ookal, gekorrupteer is of nie sy bedoelde bestemming bereik nie.
7.  Indien die e-pos neerkom op “gemorspos”, die inhoud daarvan aanstootlik of van inbreukmakende aard is of dit andersins gestuur is vir doeleindes wat nie verwant is tot die amptelike besigheid van FEDSAS nie, is sodanige e-pos teenstrydig met die FEDSAS kommunikasie beleid en val dit buite die omvang van die betrokke versender se diensbestek en sal FEDSAS nie aanspreeklik wees vir enige verlies, skade of uitgawe van watter aard ook al wat daaruit voortspruit nie.
8.  FEDSAS behou die reg voor om enige inkomende en uitgaande e-pos boodskappe op sy e-posstelsel te lees, monitor, vernietig, blok, kopiëer of onderskep.
9. Waar die tyd en datum waarop die e-pos gestuur is in dispuut is, sal FEDSAS, tensy die inhoud van die e-pos uitdruklik anders bepaal, geag word die e-pos te gestuur het wanneer dit in FEDSAS se stelsels as “gestuur” aangedui word en sal die e-pos geag word ontvang te wees, maar nie geag word gelees te wees nie, wanneer die e-pos in FEDSAS se stelsels as “ontvang” aangedui word.

;
Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid