Bestuurder: Die Rapport Onderwysfonds
Closing Date: 15 July 2024
Bestaansrede: Die Rapport Onderwysfonds verseker volhoubare Afrikaanse onderwys deur studies vir gehalte Afrikaanse onderwysopleiding te befonds.
Visie: Om dié finansieringsvennoot vir studies in gehalte Afrikaanse onderwys te wees.
Organisasie: Die Rapport Onderwysfonds (ROF) is 'n nie-winsgewende organisasie wat tersiêre onderwysstudente finansieel bystaan met leningsbeurse. Sedert November 2003 is duisende studente gehelp om hul droom om 'n onderwyser te word, te bewaarheid. ROF ontvang jaarliks meer as 750 aansoeke, waarvan ongeveer 500 kwalifiseer vir 'n toekenning.
Doel van die pos: Lei die organisasie aan die hand van 'n langtermyn strategiese plan wat ten doel het om die organisasie volhoubaar te maak en ook uit te bou en te ontwikkel.
SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE:
- Inisieer en bestuur 'n strategiese plan wat die groei, ontwikkeling en volhoubaarheid van ROF ten doel het.
- Skakeling tussen die Raad van Trustees en effektiewe personeelbestuur om te verseker dat die organisasie doelwitte bereik word en dat Trustee besluite geïmplimenteer word.
- Strategiese aanbevelings aan die Raad van Trustees.
- Die vertolking van die organisasie se strategie in uitvoerbare operasionele planne en uitsette en die monitering van prestasie teen die ooreengekome doelwitte.
- Korporatiewe bestuur van Trusteevergaderings.
- Nakoming van wetgewing en regulasies waaraan die Rapport Onderwysfonds onderworpe is.
- Effektiewe bestuur van die Debiteureboek.
- Doeltreffende finansiële en begrotingsbestuur, gerig op die langtermyn volhoubaarheid van die Fonds.
KWALIFIKASIES EN ONDERVINDING:
- 'n Erkende Baccalaureusgraad in 'n verwante veld.
- 'n Nagraadse kwalifikasie in 'n toepaslike veld sal 'n sterk aanbeveling wees.
- Bewese ervaring in Korporatiewe Bestuur van 10 tot 15 jaar word vereis waarvan 5 jaar + in 'n senior leierskaprol moet wees in die onderwys of in die Fondsbestuur / -werwing veld.
- Bewese ervaring en kennis oor die tersiëre onderwysomgewing sal 'n aanbeveling wees.
VAARDIGHEDE:
- Ingesteldheid om innoverende strategiese oplossings binne 'n uitdagende omgewing te vind.
- Menslike hulpbron en verhoudingsbestuur.
- Finansiële en korporatiewe bestuur.
- Fondswerving.
- Kommunikasie- en oorredingsvaardighede.
- Operasionaliseringsvaardighede.
AANBOD:
Hierdie pos bied 'n uitdagende en lonende geleentheid om 'n impak te maak op die onderwyslandskap.
Die waardeproposiesie van hierdie geleentheid sluit in buigsaamheid in terme van werksure en 'n dienooreenkomstige salaris wat die vlak van die pos reflekteer.
Die vergoedingspakket sluit in 'n vaste vergoedingskomponent in wat die vlak van die pos reflekteer sowel as 'n aansporing vir die bereiking van bepaalde uitsette soos deur die Raad goedgekeur.
Indien u aan die bogenoemde kwalifikasies en ondervinding voldoen, stuur asseblief u toepaslike CV en 'n motiveringsbrief na aansoek@rof.co.za
Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 15 Julie 2024
Nota: Slegs kandidate wat aan die vereistes voldoen sal in aanmerking geneem word. Indien aansoekers nie 'n antwoord van ons ontvang binne 10 dae van die sluitingsdatum nie, sal dit outomaties dien as 'n onsuksesvolle aansoek.
Die Rapport Onderwysfonds
Contact No: 065 367 3903