Nuus

Tegnologie Forum Gesprekke

06/11/2020 - Fedsas


By die Digitale Burgerskap-seminare in 2015 het die meeste van u aangedui dat u graag verdere indringende gesprekke oor u unieke tegnologieomstandighede sal wil voer. Die program wat FEDSAS hiervoor opgestel het, bestaan uit drie hoofopsies, waaruit u self die mees toepaslike sessie(s) vir u behoeftes kan kies. Sommige van die opsies sluit werksessies in wat op u eie vereistes en unieke omstandighede sal konsentreer. U skool kan ook meer as een persoon afvaardig om onderskeidelik die verskillende opsies of opsiekombinasies by te woon.
 
Die volgende onderwerpe sal bespreek word:

  • Tegnologiebeplanning en –leierskap
  • Tegnologieaanvaarding in skole (’n bloudruk en roetekaart vir julle tegnologieplan) - vir persone/skole wat die reeks van 2015 misgeloop het
  • Infrastruktuur
  • Administrasie, kommunikasie en finansies
  • Klaskamertegnologie - SMART 

Besoek asseblief die volgende skakel vir ? volledige uiteensetting van die program asook om te registreer vir die geleentheid: https://www.123contactform.com/form-1467490/
 
Daar is slegs 20 plekke per sessie. Koste: R150 per persoon.

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid