Etiekkode

< Terug

Etiekkode


FEDSAS sal beheer word deur die volgende etiese kode: 

1.  BESIGHEID

1.1  Alle besigheid sal gedoen word op ‘n wyse wat in ooreenstemming is met die Suid-Afrikaanse reg.
 1.2  Geen genade sal betoon word met betrekking tot omkopery, korrupsie of oneerlike besigheidspraktyke nie.
 1.3  Alle lede sal hulself op ‘n wyse gedra wat nie die belange van die organisasie sal benadeel nie.
 1.4  Lede sal nie betrokke raak in aktiwiteite wat hul in ‘n botsing van belange met die organisasie sal bring nie.
 1.5  Lede sal nie in transaksies betrokke raak met die oog daarop om hulself of hul eie belange te bevoordeel nie. 
 

2.  KORPORATIEWE BESTUUR  

FEDSAS sal ‘n korporatiewe bestuursraamwerk ontwikkel en implementeer wat tydige en akkurate openbaarmaking van alle wesenlike sake rakende die organisasie verseker, insluitende die finansiële posisie, die verrigtinge en bestuur van die organisasie. 

3.  GEMEENSKAPSBETROKKENHEID 

FEDSAS erken sy verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap wat hy bedien, wat insluit die volhoubare ontwikkeling van beheerliggame en bevordering van die belange van diegene wat vantevore benadeel is. 

4.  WERKNEMERS 

Alle werkenemers sal met waardigheid en respek behandel word en hul belange sal bevorder word deur te verseker dat beleid aanvaar word wat die regte van werknemers erken en beskerm. Hierdie beleid sal die volgende insluit: 

4.1  Nie-diskriminasie
 4.2  Gelyke indiensneming
 4.3  Opleiding en Ontwikkeling
 4.4  Uitdienstelling
 4.5  Verlof
 

5.  LEDE 

FEDSAS sal verseker dat al sy lede met waardigheid en respek hanteer word. Alle lede sal dieselfde gehalte diens ontvang ongeag enige primêre of sekondêre diversifiserende faktore.

Ons sal die belange van ons lede eerste plaas. Dit beteken dat: 

5.1  Ons sal luister na en in ag neem wat ons lede oor ons dienste sê.
 5.2  Ons sal al ons lede met respek en waardering hanteer.
 5.3  Ons sal ons lede met dienste van die hoogste standaarde en gehalte bedien.
 5.4  Ons sal reageer as ons dienste kortkom aan ons beloftes. 
 

6.  KONSULTASIE

 FEDSAS sal maatreëls ontwikkel om te verseker dat ons lede geraadpleeg word oor die gehalte en relevansie van dienste wat hulle ontvang. Die Nasionale Raad en alle Provinsiale Besture moet gereeld met lede oorleg pleeg oor:

 6.1  Dienste wat tans gelewer word.
 6.2  Nuwe dienste aan lede.

Raadpleging moet geskied met bestaande en potensiële lede en moet behoorlik ag slaan op die menings van diegene wat vantevore sodanige dienste ontbeer het.

Die resultate van sodange raadpleging moet gereeld aan die Nasionale Raad gerapporteer word. 

7.  STANDAARD VAN DIENS 

FEDSAS sal verseker dat alle lede gereeld ingelig word oor die beskikbaarheid en gehalte van dienste wat hulle van FEDSAS kan verwag.

 8.  TOEGANG 

FEDSAS sal toesien dat al sy lede gelyke toegang het tot al ons dienste.

 9.  HOFLIKHEID

 FEDSAS onderneem om te alle tye hoflik teenoor al sy lede en die breë gemeenskap op te tree.

 10.  INLIGTING

 FEDSAS sal verseker dat al sy lede toegang het tot die dienste wat FEDSAS bied.

 11.  DEURSIGTIGHEID

 FEDSAS sal ‘n kultuur van deursigtigheid met betrekking tot sy struktuur, bestuursbeginsels en inkomste en uitgawes teenoor al sy lede bevorder.

 12.  REGSTELLING

 Alle klagtes deur lede ten aansien van enige sake betreffende ons dienslewering, sal onmiddellik op ‘n professionele, deursigtige en doelstreffende wyse hanteer word ten einde ‘n positiewe gesindheid teenoor FEDSAS te bevorder.

 13.  WAARDE VIR GELD

 FEDSAS sal daarna streef om dienste so goedkoop en doeltreffend moontlik te lewer ten einde te verseker dat lede waarde vir hul geld kry.

 14.  FUNDAMENTELE REGTE 

FEDSAS onderneem om fundamentele regte en respek vir menswaardigheid te bevorder. 

15.  REKENPLIGTIGHEID 

FEDSAS sal prosedures en metodes ontwikkel om rekenpligtigheid aan alle belanghebbendes (lede en donateurs) te bevorder.

Indikatore vir rekenpligtigheid sal die volgende insluit: 

15.1  Mate van deursigtigheid
 15.2  Mate van lededeelname
 15.3  Dienslewering
 15.4  Vlakke van evaluasie, monitering en verifiering van dienslewering. 
 

16.  GRONDWET EN BELEID

Lede van FEDSAS is daartoe verbind om die Grondwet van FEDSAS en alle beleidsbepalings getrou na te kom.

 

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid