FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie vir beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole
Inleiding
Die Nasionale Raad van FEDSAS erken die behoefte aan ’n reglement soos wat die Kode van Beheerbeginsels vir Suid-Afrika, 2009 (‘King III’) aanbeveel. Hierdie Reglement is onderworpe aan die bepalings van die grondwet van FEDSAS en enige toepaslike wet of regulatoriese bepaling.
Doel van die Reglement
Die doel van hierdie Reglement is om die Nasionale Raad se rol en verantwoordelikhede sowel as die vereistes vir sy samestelling en vergaderings uiteen te sit.
Samestelling
Die Nasionale Raad bestaan uit ’n ewewig van uitvoerende en nie-uitvoerende lede, met ’n meerderheid nie-uitvoerende lede. Die meeste van die nieuitvoerende lede is onafhanklik.
Lede van die Nasionale Raad word deur ’n formele proses aangestel, en die benoemingskomitee help om geskikte kandidate uit te wys om by die algemene jaarvergadering voor te stel.
Die uitvoerende hoof en adjunk- uitvoerende hoof is ex officio-lede van die Nasionale Raad.
’n Formele oriënteringsprogram is met die oog op nuwe lede van die Nasionale Raad ontwikkel. Onervare lede word deur middel van ’n mentorprogram touwys gemaak.
Daarbenewens word voortgesette professionele ontwikkelingsprogramme in werking gestel wat verseker dat Raadslede gereelde inligting oor veranderinge in risiko’s, wette en die omgewing ontvang.
Rol en verantwoordelikhede
Die rol en verantwoordelikhede van die Nasionale Raad is:
Die Nasionale Raad behoort alles te doen wat nodig is om bogenoemde rol te vervul.
Delegasie
Die Nasionale Raad delegeer bepaalde bevoegdhede aan goed gestruktureerde komitees, maar sonder om sy verantwoordelikhede af te skuif. Delegasie geskied formeel en behels die volgende:
Gereeldheid van vergaderings
Die Nasionale Raad moet genoeg geskeduleerde vergaderings hou om ál sy pligte soos dit in hierdie Reglement uiteengesit word, na te kom, dog onderworpe aan ’n minimum van twee vergaderings per jaar.
Vergaderings benewens dié wat geskeduleer is, kan op aandrang van ’n lid van die Raad gehou word.
Die voorsitter van die Nasionale Raad kan voor ’n Raadsvergadering met die uitvoerende hoof en adjunk- uitvoerende hoof en/of die sekretaris ontmoet om belangrike kwessies te bespreek en oor die agenda ooreen te kom.
Bywoning van vergaderings
Lede van die senior bestuur, sekerheidsverskaffers en professionele raadgewers kan vergaderings slegs op uitnodiging bywoon en het geen stemreg nie.
Lede van die Nasionale Raad moet alle geskeduleerde Raadsvergaderings, met inbegrip van ad hoc-vergaderings oor spesiale sake, bywoon, tensy ’n verskoning vergesel van redes vooraf by die voorsitter of sekretaris ingedien word.
Die sekretaris is nie ’n lid van die Nasionale Raad nie, maar dien as skriba vir alle verrigtinge van die Raad.
Indien die benoemde voorsitter van die Nasionale Raad nie ’n vergadering kan bywoon nie, moet die ondervoorsitter as voorsitter waarneem.
Agenda en notule
Die Nasionale Raad moet jaarliks ’n werkplan opstel om toe te sien dat die agendas van die beplande vergaderings vir die jaar alle tersaaklike aangeleenthede dek. Die jaarplan moet verseker dat die sake wat in hierdie Reglement uiteengesit word, behoorlik aandag ontvang: Kritieke sake sal jaarliks aan bod kom, terwyl ander sake dalk net op ’n rotasiegrondslag oor drie jaar bespreek word. Die getal, tydsberekening en duur van vergaderings sowel as die agendas sal ooreenkomstig die jaarplan bepaal word.
’n Uitvoerige agenda tesame met stawende dokumente moet minstens ’n week voor elke vergadering aan die lede van die Nasionale Raad en ander genooides voorsien word.
Lede van die Nasionale Raad moet behoorlik vir Raadsvergaderings voorberei ten einde toepaslike en konstruktiewe bydraes te lewer oor sake wat bespreek word.
Die notule moet so gou moontlik ná die vergadering afgehandel en vir hersiening aan die voorsitter en Raadslede gestuur word. Die Nasionale Raad moet die notule formeel by sy volgende geskeduleerde vergadering goedkeur.
Kworum
’n Verteenwoordigende kworum vir vergaderings is soos wat die grondwet van FEDSAS bepaal.
Individue wat vergaderings van die Nasionale Raad op uitnodiging bywoon, kan aan gesprekke deelneem, maar maak nie deel uit van die kworum vir Raadsvergaderings nie.
Prestasiebeoordeling
Prestasiebeoordeling van die Nasionale Raad, sy komitees en individuele lede, met inbegrip van die voorsitter, moet jaarliks geskied.
Goedkeuring van hierdie Reglement
Hierdie Reglement is op 16 Maart 2013 deur die Nasionale Raad goedgekeur.