Oor FEDSAS

FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie vir beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole

Oor FEDSAS

Eerlik, deursigtig, geloofwaardig en respekvol

FEDSAS is die nasionale verteenwoordigende organisasie vir beheerliggame. FEDSAS lig in, organiseer, mobiliseer en ontwikkel lede om die hoogste internasionale standaarde te bereik en te behou.

FEDSAS fokus op die ontwikkeling van bekwame skoolbeheerliggame van openbare, onafhanklike, en VKO skole. FEDSAS is die leier in skoolbeheer en –bestuur. Die organisasie is in 1993 gevestig en het oor die afgelope drie dekades gegroei tot een van die mees gerespekteerde rolspelers in Suid-Afrikaanse onderwys.

Ons Kernwaardes

By FEDSAS is ons verbind tot die volgende kernwaardes:

01. Uitmuntendheid

Om kompromisloos gehalte-diens te lewer en om altyd te soek na beter maniere om dinge te doen deur ons verbintenis aan voortdurende verbetering in ons persoonlike en professionele lewe.

02. Integriteit

Om eerlik, deursigtig, oop, geloofwaardig en respekvol op al ons verskille in ons interne en eksterne interaksies te bou.

03. Passie

Om deursigtig, oop, geloofwaardig, vol vertroue, en respekvol op al ons verskille in ons interne en eksterne interaksies te bou.

04. Rentmeesterskap

Om verantwoordelikheid te aanvaar en verantwoordbaar te wees.

05. Verhoudinge

Die beste en mees bevredigende plek om te werk - ons is die FEDSAS-familie.

Waarvoor staan ons?

Card image cap

FEDSAS glo aan maksimum outonomiteit vir beheerliggame en dus streef ons daarna om die regte en bevoegdhede van beheerliggame uit te brei. FEDSAS ondersteun en bevorder die magte en regte van skoolbeheerliggame soos omskryf in die Suid-Afrikaanse Skolewet, insluitend taal- en toelatingsbeleid.

FEDSAS ondersteun die beginsel dat beheerliggame ’n belangrike rol speel om geleenthede vir alle leerders te skep om hulle volle potensiaal te bereik. FEDSAS onderskryf die behoud en bevordering van ’n kultuur van uitnemendheid in opvoeding, onderwys en dienslewering.

FEDSAS is deurentyd besig om gesonde verhoudinge met alle belangegroepe in die onderwys te vestig en uit te bou sodat die beste belange van die leerder uiteindelik gedien kan word.

Wat doen ons vir jou?

FEDSAS is die mees verteenwoordigende spreekbuis vir skoolbeheerliggame landwyd. Ons lewer kommentaar op konsepwetgewing en onderwysbeleid, wat beteken ons lede se belange word op ’n hoë vlak verteenwoordig. FEDSAS is vir langer as 25 jaar al ’n gerekende meningsvormer en rolspeler in openbare onderwys op nasionale en provinsiale vlak.

FEDSAS beskik oor gevestigde nasionale en provinsiale strukture ten einde ’n diens aan al ons lede landwyd te kan lewer. FEDSAS het reeds verskeie rigtinggewende hofsake gewen en ons het voltydse onderwysregspesialiste om lede by te staan in die uitoefening van hul regte, insluitend gevalle van onregmatige inmenging in die beheer en bestuur van skoolaangeleenthede. FEDSAS verleen hulp aan beheerliggame oor die hele spektrum van skoolbeheer en –bestuur, onder meer personeelaanstellings, arbeidsverhoudinge, strategiese beplanning en finansiële bestuur.

FEDSAS het grondige ervaring van onderwysaangeleenthede. As ’n aktiewe, dinamiese organisasie is ons op hoogte van veranderinge en herstrukturering op onderwysgebied en ons kan ons lede dienooreenkomstig adviseer.

FEDSAS is ’n demokratiese, nie-politiese organisasie en lede kies jaarliks hul leiers.

Kontak Ons

Klik hier vir kontakbesonderhede vir die Nasionale Kantoor en alle provinsiale kantore

Kontak Ons
Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid