Covid-19-hulpbronne

< Terug

Covid-19-hulpbronne


Hierdie Covid-19-inligtings- en hulpbronblad verskaf gratis toegang tot belangrike inligting. Dit is in die formaat van ? Google-blad waar gebruikers toegang het tot dokumente, hulpbronne, video’s en skakels tot ander webtuistes. Die blad is oop vir die publiek en jy hoef nie aan te meld nie. Hierdie hulpbronsentrum vir opvoeders, leerders en ouers maak inligting in verskeie formate beskikbaar om ons onderwysgemeenskap gedurende hierdie uitdagende tye by te staan. 

Klik op die grafika hier onder om toegang tot die hulpbronne te kry en gebruik die skakels om tussen hulpbronne te beweeg. Onthou om die blad gereeld te besoek aangesien nuwe hulpbronne gereeld bygevoeg word. Hou ook ons sosiale media dop vir kommunikasie oor beskikbare bronne.

Ons het ook ’n spesiale Covid-19-snuffelgids geskep waar verskaffers hul dienste/produkte kan adverteer. FEDSAS-lede kry 10% afslag hierop. Besoek gerus die snuffelgids deur HIER te klik.  






 

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid