Geleenthede

Geleentheid Inligting

Datum en tyd:

12 Mrt. 2024 08:00 - 17:00

Koste per persoon:

R 450,00

Sitplekke beskikbaar:

85

Taal:

Afrikaans / English

Lokaal:

Aros University Campus, Montana, Pretoria

Kontakpersoon:

Hennie Combrinck 078 451 8116 (limpopo1@fedsas.org.za)

FEDSAS Onafhanklike Skole: Mini Beraad 12 Maart 2024


Ons is verheug om die eerste FEDSAS Mini-Beraad vir Onafhanklike Skole aan te kondig.

Alle lede van skoolbestuur van Onafhanklike Skole, Skoolhoofde, Skoolbestuurspanne, asook voornemende Skool Eienaars word hartlik uitgenooi om die dag saam met ons deur te bring.

Hierdie geleentheid is geskep om 'n omvattende sessie van belangrike temas binne die onafhanklike skoolsektor te bied, terwyl dit terselfdetyd 'n platform vir professionele ontwikkeling en netwerk geleenthede skep.


Die simposium sal die volgende verskeidenheid van toepaslike temas dek:
? Die onafhanklike skole landskap post BELAB.
? Die unieke identiteite van onafhanklike skole.
? Die bestuur van ouer betrokkenheid.
? 'n Model vir die bestuur van onafhanklike skole gebaseer op die King-beginsels.
? SACE - Studentonderwysers en buitelandse onderwysers.(Aangebied deur SACE)
? Umalusi - Die proses en nakoming met betrekking tot registrasie. (Aangebied deur Umalusi)
? Vakbonde: Hul plek in die onafhanklike opvoedkunde ruimte.
? Fondsinsamelingsgeleenthede vir onafhanklike skole.

Registrasiefooie beloop R450 (FEDSAS lede) en R600 (nie-lede) per deelnemer, en die bywoning is beperk tot 85 individue.


Bespreek vandag nog deur op die skakel te klik en die aanlyn vorm te voltooi om u plek te verseker.


U teenwoordigheid word hoog op die prys gestel en ons sien uit daarna om u daar te ontmoet.

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid