Geleenthede

Geleentheid Inligting

Datum en tyd:

03 Sep. 2024 15:00 - 16:00

Koste per persoon:

R 0,00

Sitplekke beskikbaar:

500

Taal:

English I Engels

Lokaal:

Online I Aanlyn

Kontakpersoon:

Marlee Steyn I marlee@fedsas.org.za

FEDSAS FinTalk met Prosperitas (Engels)


Sluit by ons aan vir 'n aanlynsessie van een van ons gewaardeerde lede van die FEDSAS Sentrum vir Finansies en Risikobestuur, PROSPERITAS.

Prosperitas, gestig in 2000, is 'n trots Suid-Afrikaanse maatskappy en geregistreer by die Vereniging van Skuldinvorderingsagente (ADRA). Prosperitas spog met 'n goeie reputasie en spesialiseer in die invordering van skoolgeld van meer as 700 skole.

Die invordering van skoolgeld in die huidige ekonomiese omgewing is besonder uitdagend. Prosperitas is egter daartoe verbind om vinnig, vriendelike, professionele en billike diens aan hul kliënte te lewer, om te verseker dat skole selfs in moeilike finansiële tye, stabiliteit kan handhaaf.  Prospertias se hoogs diverse en gespesialiseerde dienste word voortdurend hersien en opgedateer om tred te hou met die vinnig veranderende ekonomiese landskap.

Tydens hierdie sessie sal u meer te wete kom oor Prosperitas se effektiewe strategieë en hoe dit u skool se finansiële volhoubaarheid en risikobestuur kan ondersteun.  Of u u huidige skuldinvorderingsprosesse wil verbeter of nuwe strategieë ondersoek, beloof hierdie sessie om waardevolle insigte en praktiese oplossings te verskaf.

Ons sien uit na u deelname en om die innoverende werksaamhede van Prosperitas met u te deel.

Klik hier om vir die gratis sessie te registreer.

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid