Geleenthede

Geleentheid Inligting

Datum en tyd:

09 Apr. 2024 17:00 - 18:00

Koste per persoon:

R 0,00

Sitplekke beskikbaar:

500

Taal:

Afrikaans

Lokaal:

Aanlyn / Online

Kontakpersoon:

Marlee Steyn - marlee@fedsas.org.za

Kweek die leiers van môre: SBL induksie opleiding (Afrikaans) FEDSAS Induksie 3 van 2024


Sluit by ons Induksie-sessie aan vir die afskop van die jaar se SBL-opleidingsprogram. 

Soos Prof Deon Rossouw van die Etiek-instituut dit stel, "Beheer gaan alles daaroor om goeie mense te verhoed om dom dinge te doen." 

Dit baan die weg vir vyf belangrike onderwerpe wat tydens vanjaar se opleiding hanteer gaan word. Dit sluit in funksies van 'n beheerliggaam, Dissipline, waardes en etiek in skole, effektiewe Menslike Hulpbronbestuur en Finansiële Bestuur. Die kollig word ook geplaas op ons opkomende jong leiers, die VRL, en hul deurslaggewende rol in die SBL. 

Vandag fokus ons op “governance” en wat dit vir elke lid van die beheerliggaam beteken en hoe dit binne die skoolomgewing werk. Elke skool is ook uniek, maar die Skolewet en beginsels van goeie beheer en bestuur is steeds op almal van toepassing. 

Moenie die afskop van die leierskapontwikkelingsgeleentheid misloop nie!

Klik hier om te registreer.

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid