Artikel

FEDSAS se eerste gratis sessies vir nuwe skoolbeheerliggame skop vandeesweek af

15/03/2021 - Fedsas


Met talle skole wat reeds nuwe beheerliggame verkies het, of dit binnekort gaan doen, skuif die fokus nou na die induksie en opleiding van nuutverkose lede. Die driejaarlikse skoolbeheerliggaamverkiesings by openbare skole vind nog tot einde April plaas. 

            

“Dit is baie belangrik vir ? skool se nuwe beheerliggaam om so vinnig moontlik sy voete te vind. Veral gegewe die onsekerhede wat die pandemie steeds meebring, is die voortsetting van skoolbestuur met die minimum ontwrigting noodsaaklik,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS). 

            

FEDSAS se kernfokus is juis die toerus van skoolbeheerliggame ten einde volhoubare gehalte-onderrig by skole te verseker. Daarom vind FEDSAS se eerste gratis induksiesessie reeds op Maandag, 15 Maart 2021, plaas. “Die sessie word aanlyn aangebied, maar dit sal ideaal wees as al die lede van ? beheerliggaam dit saam in een lokaal kan bywoon, met die nodige Covid-protokolle in plek,” sê Deacon.

            

Die gratis aanlyn-induksiesessies word vier keer tot einde April herhaal. “Die sessies bied aan nuwe lede ? eerste kennismaking met skoolbeheer en -bestuur. Dit fokus onder meer op die regsraamwerk van skoolbeheer en die rol van die partye en hoe suksesvolle skole funksioneer.”


Die Afrikaanse sessie vind op 15 Maart 2021 om 17:00 plaas en belangstellendes kan die volgende skakel gebruik om te registreer: https://bit.ly/FOnline2021_06


Die Engelse sessie vind op 15 Maart 2021 om 18:00 plaas. Gebruik die volgende skakel om te registreer: https://bit.ly/FOnline2021_07


Die sessies word herhaal op 23 Maart, 13 April en 4 Mei. Meer besonderhede oor die sessies, registrasieskakels en die volledige FEDSAS-opleidingsprogram is by die volgende skakel beskikbaar: 

https://drive.google.com/file/d/1-Cvkp0Ig1gnQIzHNtrDUygcku1qi6Zvj/view


Die volledige program word oor ? tydperk van ? paar maande aangebied en bestaan uit verskeie opleidingsessies, webinare, e-leerprogramme en ander inhoud. Die opleiding van nuwe beheerliggaamlede fokus op beste praktyke en regsinterpretasies, asook inligting oor spesifieke onderwyskwessies en onderwerpe. 


Hou ook ’n ogie op FEDSAS se sosiale media vir meer inligting of gebruik die volgende hutsmerke om inligting te soek of te deel:

#SGBelections2021 | #SBLverkiesings2021

#Schools | #Skole

#LoveMySchool | #LiefVirMySkool

#FEDSAS

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid