Artikel

FEDSAS hanteer verspreiding van 500 boeke na 120 skole om aanlyn veiligheid in onderwys aan te moedig

22/07/2022 - Fedsas


Rianette Leibowitz, kuberveiligheid en digitale ouerskap kenner, en stigter van SaveTNet Cyber Safety in samewerking met internet dienste verskaffer, WonderNet gaan Suid Afrikaanse skole bemagtig deur 500 kopieë van haar boek “Maak Jou Kind Skermslim” aan 120 skole te skenk.

Die doelwit van die inisiatief is om onderwysers ‘n dieper insig van kuberveiligheid te gee en om hulle aan te moedig om gesprekke in die klaskamer aan te wakker oor die 50 temas in die boek. Temas soos die bestuur van risiko’s met sosiale media apps en aanlyn speletjies, kuberboeliery, mensehandel en skermtyd word uitgelig.

“Onderwysers hanteer die uitdagende invloed van sosiale media, aanlynspeletjies en die selfie-gedrewe kultuur van leerders en die impak wat dit op hierdie generasie se skoolwerk het. Onderwysers het die geleentheid om gesprekke oor kuberveiligheid deel van hulle lesse te maak en deur onderwysers van hierdie 120 skole kan ons meer as 60,000 leerders help om beheer te neem van hulle digitale gewoontes,” sê Leibowitz.

“WonderNet het hande gevat met Rianette in 2021 toe ons die #CyberSmart Hub gestig het om deur kuberveiligheid inligting met ons kliënte en weier gemeeskap te deel en hulle so te bemagtig. Saam met die aanbiedinge wat Rianette by skole regoor Suid Afrika gedoen het wou ons graag ‘n lang-termyn impak bewerkstellig deur haar boek as handleiding beskikbaar te stel aan skole en só digitale geletterdheid mee te bring,” sê Gareth Hughes, Nasionale Kanaal Verkoopsbestuurder by WonderNet.

Die Federasie van Beheerligame van Suid Afrikaanse Skole (FEDSAS) hanteer die verspreiding van die boeke vir hierdie projek. “Samewerking is belangrik om digitale geletterdheid by skole aan te moedig en deur ons jare-lange verhouding met Rianette en SaveTNet bring ons hierdie tipe voordele aan ons lede,” deel Riaan van der Bergh, Onderwystegnologie Bestuurder by die FEDSAS Sentrum vir Tegnologie.

“Ons moet ‘n generasie van verantwoordelike digitale burgers groot maak, sodat hulle ‘n dieper verstaan kan kry oor hulle selfwaarde. Dit kan lei tot toekomstige generasies met beter digitale gewoontes. Deur die samewerking met eendersdenkende vennote, voel ek optimisties oor die rippel effek wat ons nou kan maak om die toekoms vir hierdie jong mense te verbeter,” sê Leibowitz.

Hierdie is net ‘n druppel in die emmer van skole wat bereik moet word, maar dit is ‘n goeie begin en ‘n uitnodiging aan meer rolspelers om betrokke te raak. Belangstellende maatskappy en individue kan  author@rianette.com kontak om ‘n aktiewe rol te speel. Leibowitz is ‘n Brand South Africa PLAY YOUR PART ambassadeur en hoop dat hierdie projek meer mense sal aanspoor om ‘n positiewe verskil in hulle eie omgewing te maak.

Besoek die WonderNet #CyberSmart Hub at https://wondernet.co.za/cybersmart-hub/


MEDIA CONTACTS:
Rianette Leibowitz
082 786 9773
hi@rianette.com


FEDSAS:
Riaan van der Bergh
082 490 5790
tech@fedsas.org.za


Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid