Artikel

FEDSAS spreek kommer uit oor verwarring oor datums vir heropening van skole

05/11/2020 - Fedsas


Die voorlegging oor die heropening skole vanoggend (29 April 2020) aan die Parlementêre Portefeuljekomitee het klaarblyklik tot groot konsternasie gelei. Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) sê dit is veral die skyfie waarop aangetoon word dat skole vir onderwysers op 4 Mei heropen en vir Graad 12- en 7-leerders op 6 Mei wat die verwarring veroorsaak het.
           
“Dit is presies dieselfde voorlegging wat in ? vergadering met die Minister van Basiese Onderwys op Sondag, 26 April 2020, aan beheerliggaamorganisasies voorgelê is. Ons het dit toe duidelik aan die Minister en haar verteenwoordigers gestel dat ons daardie voorgestelde datums nie kan ondersteun nie omdat daar nog gans te veel onsekerhede is,” sê mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van FEDSAS.
            
Colditz sê hoewel die Minister haar nie tot ? datum verbind het nie, was daar genoeg aanduidings dat sy met die beheerliggaamorganisasies saamstem. FEDSAS is ook daarvan bewus dat ander beheerliggaamorganisasies en onderwysvakbonde dieselfde standpunt handhaaf.
            
“Eerder as om duidelik en sinvol met die publiek te kommunikeer, het hierdie voorlegging net tot verdere konsternasie en bespiegeling aanleiding gegee, al is daar bykans as nagedagte bygevoeg dat die Minister nog ? amptelike aankondiging sal doen.”
            
FEDSAS sal geen plan ondersteun wat nie planmatig en met groot omsigtigheid die veiligheid van ons kinders en personeel by skole voorop stel nie. Hoewel FEDSAS waardering het vir die minister se moeilike situasie, betreur die organisasie die feit dat daar nie voldoende en openhartig met die publiek oor hierdie baie belangrike saak gekommunikeer word nie. Behoorlike kommunikasie is juis ? aspek wat FEDSAS in die heel eerste vergadering met senior bestuurslede van die Departement van Basiese Onderwys beklemtoon het.

“Ons versoek FEDSAS-lede om nie ondeurdagte uitsprake te maak of nie-amptelike nuus te versprei nie. Laat ons wag vir die amptelike aankondiging van die minister. Dit is haar verantwoordelikheid en prerogatief om dit te doen,” se Colditz.
                     
(FEDSAS is ’n vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van openbare skole en staan die behoud en bevordering van gehalte-onderwys in dié skole voor. Meer as 2000 openbare skole is reeds lid van FEDSAS.)

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid