Artikel

Vanjaar se beheerliggaamverkiesings deurslaggewend vir skole se sukses, sê FEDSAS

27/01/2021 - Fedsas


Die verkiesing van die meer as 300 000 nuwe skoolbeheerliggaamlede in Maart vanjaar is belangriker as ooit. Skoolbeheerliggaamlede word elke drie jaar verkies en die Minister van Basiese Onderwys het bepaal dat die verkiesingstydperk van 1-31 Maart 2021 strek.
           
“Leierskap was die deurslaggewende faktor in skole se hantering van die Covid-19-pandemie. Skole wat die uitdagings suksesvol die hoof kon bied, het almal ? sterk leierskorps met die skoolgemeenskap en skoolbeheerliggaam aan die een kant en onderwysamptenare aan die ander kant wat goed saamwerk,” sê mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van FEDSAS, die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole.
           
? Openbare skool behoort nie aan die staat nie; dit behoort aan die onmiddellike gemeenskap waarbinne die skool geleë is. Die skoolgemeenskap kan dus nie net terugsit en van onderwysdepartemente verwag om die leiding te neem nie. “Hoe meer rolspelers uit die gemeenskap by die skool betrokke is, hoe groter die kans op sukses vir daardie skool.”
           
Met die huidige inperkingsmaatreëls op sosiale byeenkomste en vergaderings word FEDSAS-lede aangemoedig om ? voldagverkiesing aan te bied. ? Voldagverkiesing kan ook elektronies aangebied word. “Ons beveel FEDSAS-lede aan om 30 dae voor die tyd aansoek te doen om die verkiesing aan te bied. Dit is ook belangrik dat beheerliggame kennis neem van die provinsiale regulasies vir beheerliggaamverkiesings rakende die aanbied van ? voldagverkiesing.”
           
Om toe te sien dat skoolgemeenskappe die verkiesingsproses asook die rol van skoolbeheerliggame verstaan, bied FEDSAS op 1 Februarie 2021 gratis bekendstellingsessies aan. Die sessies word aanlyn aangebied en dit is oop vir alle belangstellendes, nie net FEDSAS-lede nie. Die media, opvoedkundige vennote, geloofsgemeenskapleiers, NGO’s en skoolleiers sal baat vind by die sessie.
 
Die Afrikaanse sessie vind op 1 Februarie 2021 om 14:00 plaas en belangstellendes kan die volgende skakel gebruik om te registreer: http://bit.ly/FOnline2021_02a Die Engelse sessie vind op 1 Februarie 2021 om 15:30 plaas. Gebruik die volgende skakel om te registreer: http://bit.ly/FOnline2021_02b
 
FEDSAS het ook ? SBL-inligting- en toerustingpakket saamgestel met die nodige dokumentasie om seker te maak dat die verkiesing geloofwaardig en professioneel aangebied word. Gebruik die volgende skakel om toegang tot die pakket te verkry:
https://drive.google.com/file/d/1Un6et2hv_vWqDYlPbyLAMHfMc2hocD3D/view?usp=sharing
 
Ná die SBL-verkiesing sal FEDSAS weer ? uitgebreide opleidingsprogram aanbied vir FEDSAS-lede sowel as beheerliggame wat nog nie lid van die organisasie is nie. Die volledige program word oor ? tydperk van ? paar maande aangebied en bestaan uit verskeie opleidingsessies, webinare, e-leerprogramme en ander inhoud. “Die opleiding van nuwe beheerliggaamlede fokus op beste praktyke en regsinterpretasies, asook inligting oor spesifieke onderwyskwessies en onderwerpe. Volledige inligting oor al die opleidingsgeleenthede is beskikbaar by die volgende skakel: https://drive.google.com/file/d/1-Cvkp0Ig1gnQIzHNtrDUygcku1qi6Zvj/view


Hou ook ’n ogie op FEDSAS se sosiale media vir meer inligting of gebruik die volgende hutsmerke om inligting te soek of te deel:
#SGBelections2021 | #SBLverkiesings2021
#Schools | #Skole
#LoveMySchool | #LiefVirMySkool
#FEDSAS












 

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid