Artikel

Maak seker van besonderhede van aansoekproses, maan FEDSAS oor inskrywings vir Gauteng-skole

13/04/2018 - Fedsas


Inskrywings vir 2019 vir graad 1 en graad 8 in skole in Gauteng open Maandag (16 April 2018) en kan slégs aanlyn gedoen word. Dit is dus uiters belangrik dat ouers so gou moontlik aansoek doen én dat hulle presies verstaan hoe die aanlyn-platform werk. ? Aansoek is egter eers geldig met die indien van die gelyste dokumente by alle skole waar aansoek gedoen word. Dit moet binne sewe dae ná die aanlyn-aansoek geskied. Aansoeke sluit op 28 Mei 2018.
           
“? Ernstige tekortkoming met die aanlyn-aansoekplatform is dat die departement doelbewus nie voorsiening maak vir die keuse van ? taal van onderrig nie. Dit is opvoedkundig onverantwoordelik en gaan verwagtinge skep waaraan nie voldoen kan word nie. Gauteng het ? groot tekort aan skole. Ouers wat sloer met aansoeke moet besef dat hul kinders waarskynlik nie toegang tot hul eerstekeuse-skool gaan kry nie,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS).
           
Deacon sê omdat die wyse van registrasie die kar voor die perde span, is dit raadsaam vir ouers om so spoedig moontlik en op die korrekte wyse aansoek te doen. “Dit is krities belangrik om die nodige dokumentasie in te dien by al die skole waarvoor aansoek gedoen word, aangesien die aansoek dan eers geldig is.”
           
Die Gauteng-onderwysdepartement het aangedui dat die aanlyn-platform sedert verlede jaar aangepas is om die proses so maklik as moontlik te maak. Die webadres vir aanlyn-aansoeke is www.gdeadmissions.gov.za. Ouers wat eers wil “oefen” voordat hulle die platform besoek, kan gaan na www.intake.gdeadmissions.gov.za
           
Deacon sê die platform gee ouers die geleentheid om ’n maksimum van vyf skole te kies waarby aansoek gedoen kan word. “Plasings word gedoen aan die hand van die tyd waarop aansoek gedoen is. Hoe vroeër ? ouer dus aansoek doen, hoe beter is hul kans om by die skool van hul keuse plek te kry.”
           
“’n Gebrek aan skole en die aard van die bestuur van onderwys in Gauteng veroorsaak jaarliks probleme in die provinsie. FEDSAS se boodskap is dus eenvoudig en duidelik: Indien jy jou kind in ? goeie skool wil inskryf, doen dit dadelik!”
           
FEDSAS het ? spesiale skakel op die organisasie se webblad aangebring met riglyne en ’n video vir ouers, asook ? blitsskakel na die registrasiestelsel. Besoek www.fedsas.org.za

* Sien ook ’n tienpunt-plan om ouers te help met die aansoekprosedure gelaai by Dokumente - Nuttige Inligting - Ander Inligting - Gauteng Toelatingsprosedure.

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid