Artikel

FEDSAS vra vir voldoende raadpleging met rolspelers voordat omvattende seksonderrigplan geïmplementeer word

05/12/2019 - Fedsas


Die Departement van Basiese Onderwys het erken dat daar nie voldoende met rolspelers geraadpleeg is rakende die inhoud van nuwe lesplanne en opvoedergidse vir die omstrede voorgestelde omvattende seksonderrig (Comprehensive Sexuality Education) nie. Die departement het dié toegewing gemaak op ? gereelde vergadering met beheerliggaamorganisasies.
         
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) het versoek dat die kwessie op die vergadering bespreek word.
         
“Wye kritiek is van FEDSAS-lede ontvang. Ons het dus op die vergadering versoek dat die implementering van enige nuwe planne en inhoud gestaak word totdat die raadplegingsproses afgehandel is,” sê mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van FEDSAS. Colditz sê die Departement van Basiese Onderwys het onderneem om FEDSAS se versoek aan besluitnemers oor te dra. Die organisasie wag nou vir die departement vir inligting oor die begin en verloop van die raadplegingsproses.
         
“FEDSAS sal intussen ? paneel kundiges saamstel om ingeligte en deurdagte advies oor die inhoud van die lesplanne en opvoedergidse te voorsien voordat die beoogde raadplegingsproses begin.”
         
Colditz sê dit is belangrik dat seksonderrig in skole met groot omsigtigheid benader word. “Die opvoedkundige aspek moet nie verlore gaan in die samestelling en aanbieding van die keuse van inhoud nie. Daarom is dit belangrik dat kundiges se menings ingewin word.”
 

         

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid