Artikel

FEDSAS maak toegang tot inligting toeganklik deur taal en tegnologie ter viering van Internasionale Moedertaaldag

21/02/2020 - Fedsas


Met Internasionale Moedertaaldag wat hierdie Vrydag (21 Februarie 2020) gevier word, is dit gepas dat die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) die tweede uitgawe van die gewilde publikasie Beheer in openbare skole: ? Handleiding oor die toepassing van die King-beginsels in openbare skole nou ook in Afrikaans bekend stel. Die inisiatief is ? samewerkingspoging tussen FEDSAS, die FEDSAS Instituut vir Skoolbeheer en IoDSA (Institute of Directors in South Africa).

“Ons is baie opgewonde dat ons die opgedateerde weergawe ook in Afrikaans bekend kan stel,” sê dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van FEDSAS.

Vanjaar val Internasionale Moedertaaldag se fokus op “tale sonder grense”, veral om erkenning te gee aan die invloed van taal- en kulturele diversiteit vir die versterking van sosiale kohesie.

“Vir FEDSAS is dit baie belangrik om beheerliggaamlede toe te rus met kennis wat hul kundigheid verhoog. Dit is wetenskaplik bewys dat mense inligting makliker verwerk en onthou in hul moedertaal. FEDSAS probeer dus sover moontlik om inligting in soveel moontlike tale beskikbaar te stel. Nog ? FEDSAS-publikasie, ? Praktiese handleiding oor skoolbeheer, is byvoorbeeld reeds in al 11 elf tale beskikbaar.”

Deacon sê wat die tweede uitgawe van die publikasie oor die King-beginsels betref, is die fokus veral op goeie praktyk en om goeie beheer- en bestuur (“good governance”) in skole te versterk. “FEDSAS moedig lede aan om weg te beweeg van die idee dat goeie skoolbeheer net voldoening aan die minimum-wetsvereistes is. Goeie beheer strek veel verder en moet daarop fokus om ruimte te skep vir die toepassing van goeie beginsels.”

Soos met die meeste FEDSAS-publikasies is hierdie publikasie ook as ? e-boek op die Snapplify-platform beskikbaar. Gebruikers kan “FEDSAS” in die soekfunksie gebruik om die lys van FEDSAS-e-boeke op te spoor.

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid