Artikel

FEDSAS neem kennis van hofuitspraak oor godsdiensbeoefening by openbare skole

28/06/2017 - Fedsas


FEDSAS neem kennis van hofuitspraak oor godsdiensbeoefening by openbare skole

Godsdiensbeleid en –beoefening by openbare skole moet op ? billike, vry en vrywillige grondslag geskied. Dié duidelike riglyne oor godsdiens in openbare skole is vanoggend deur die Suid-Gautengse Hooggeregshof bevestig. Regter Willem van der Linde het in sy uitspraak gesê openbare skole mag nie ? bepaalde geloof voorstaan tot uitsluiting van ander nie.

Dié belangrike toetssaak het sy oorsprong in 2014, toe die Organisasie vir Godsdienste-onderrig en Demokrasie die hof versoek het om dit ongrondwetlik te verklaar dat sekere godsdienspraktyke voorkeur geniet bo ander. Ses skole is in die aansoek genoem. Die beheerliggame van die ses skole is lid van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) en die organisasie het dus die skole in die hofsaak bygestaan.

“Twee bevele is toegestaan tot die effek dat openbare skole nie ? bepaalde godsdiens mag bevorder ter uitsluiting van ander nie of dat ? openbare skool mag voorhou dat hy die belange van een godsdiens bevorder nie. Die meerderheid bevele wat versoek is, is egter van die hand gewys. Die kern van die uitspraak is dat godsdiensbeoefening wél deel van ? skoolopset mag vorm, maar dat dit binne die raamwerk van artikel 15 van die Grondwet geskied,” sê mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van FEDSAS. “FEDSAS was van meet af aan ten gunste van vrywillige godsdiensbeoefening. Wat FEDSAS wel teengestaan het, is die totale verwydering van enige vorm van godsdiensbeoefening vanaf die skoolterrein. Hierdie uitspraak is nie soortgelyk aan die Amerikaanse model van skeiding tussen kerk en staat nie. Dit is eerder die bekragtiging van die Suid-Afrikaanse Grondwet se klem op verdraagsaamheid en diversiteit.”
           
Colditz sê FEDSAS sal onmiddellik begin om die uitspraak volledig te bestudeer en die implikasies daarvan te ontleed sodat lede van FEDSAS ingelig daarop kan reageer. “Alle besluite en aktiwiteite van FEDSAS word gerig deur die Grondwet. ? Belangrike deel van FEDSAS se strewe om gehalte-onderwys by openbare skole te behou en bevorder, is dan ook die bevordering van Suid-Afrikaners se begrip van hul grondwetlike regte. As gerekende onderwysrolspeler is dit FEDSAS se plig om sy lede, en daardeur ook ons land se kinders, te help om die volle omvang van ons diverse samelewing te navigeer en te waardeer.”

Copyright FEDSAS 2024 | NPO Registration No. 128-598NPO | NWO-registrasienr 128-598NPO | Privaatheidsbeleid