Die beheerliggaamverkiesings vind die jaar gedurende Maart plaas en FEDSAS bied weer opleiding aan al die nuutverkose beheerliggaamlede. Daar is verskeie opleidingsgeleenthede in elke provinsie. Kies asseblief die geleentheid wat die naaste aan jou skool aangebied word en registreer betyds vir hierdie waardevolle toerustingsgeleentheid. Die tarief vir FEDSAS ledeskole is R150 per persoon en vir nie-lede is dit R350 per persoon. Die registrasiefooi sluit die boek, "'n Praktiese handleiding oor skoolbeheer" in asook verversings. Ons sien uit om julle daar te ontvang!